Client References

Click on the client name to read the reference.

Angie Wiese, 24 November 2014

As somoene who never gets sick I kept on putting of getting life insurance.  Thank goodness I contacted Wikus van Wyk from Octofin to put it in place. Soon after that I got mumps and was forced to take off from work as it is contagious. From the moment I contacted Wikus he sorted everything out for me. Within a few days the money was in my account and didn't have to stress about taking a week off. I can really motivate anyone to make use of Octofin and FMI.
 
Kind Regards,
Angie Wiese
Let's reveal your potential

Louis DC Blom, 6 November 2014

Beste Leanie
 
Sedert ek van julle dienste gebruik begin maak het, in terme van korttermyn versekering was die diens puik !
My seun het in `n motorongeluk beland met sy (my) motor in die eerste maand nadat ek van versekerings konsultant verander het !  Uitbetaling van die rekening het vlot verloop!
Onlangs was daar `n inbraak by my huis in St Francis Baai en die eis is snel afgehandel.  Ekself het min korrespondensie gedoen, met werk aangegaan en die geld was later in my bankrekeing!
 
Goed gedoen Leanie
 
Groete Louis DC Blom
Midland Drugstore Graaff Reinet

Diane Murray, 26 June 2013

I am astounded by the excellent service we yet again received from Octofin recently. We were burgled while on holiday in St Francis. Once we got home, we submitted the claim. THEY phoned me several times to keep me up to speed with what was happening and the claim was paid out IN FULL a short while later! SO awesome to deal with competent insurance brokers who get the job done! Thank you Anton and the Octofin team!

L A de la Harpe, 10 June 2013

"I have found Octofin to be proactive and professional in looking after my needs as a client. This contrasts to some previous experience and I am grateful to a friend for recommending them". L A de la Harpe, Graaff-Reinet.

Ds. J.J. Swart, 22 February 2013

AANBEVELING VAN OCTOFIN

Ek is 'n 81jarige afgetrede predikant van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika, wat vanweë gesondheidsredes op 1 Maart 1992 op 60jarige ouderdom verplig was om af te tree. Onder traumatiese omstandighede het ek en my vrou vanuit die Vrystaat, as vreemdelinge hier in die Strand in 'n woonstel ingetrek, en vanweë my vele kwale, en suurstoftekort in my brein, myself onder uiters onbenydenswaardige omstandighede bevind. Om helder te dink en werklik 'n deurdagte finansiële struktuur saam te stel, het my hoofbrekens besorg.

Maar voordat ons nog behoorlik kon vestig, en nog geen kans gehad het om aan finansies en beleggings te dink of te werk nie, klop daar 'n jong man aan ons voordeur, en stel homself voor as Anton van der Mescht van Sanlam. Hy het met deernis ingekom en gesê dat hy van sy maatskappy verneem het van my onbenydenswaardige omstandighede, en het spesiaal gekom om sy hulp en dienste aan te bied as ek hom sou nodig kry.

As kenner van mense na amper 40 jaar in die bediening het ek dadelik besef dat hier 'n eerlike en opregte en uiters talentvolle jongman voor my staan,wat my onvoorwaardelike vertroue werd was, en na ons eerste gesprek en ek hom my hele situasie verduidelik het, het hy my onmiddellik na deeglike ontleding met soveel geslaagde advies bedien, dat party van daardie oorspronklike strukture tot vandag toe nog suksesvol in my behoeftes help voorsien.

Maar die beste van alles was dat hy nie net 'n vinnige saketransaksie met my afgehandel het om sy eie winste te verseker en te verdwyn nie. Hy het my posisie getrou en gereeld gemonitor, en dikwels persoonlik kom besoek, sodat ek vandag in my ouderdomswakheid en afhanklikheid, nog steeds al my finansies en beleggings onder sy leiding met vertroue nog steeds alles volledig deur hom laat doen. Trouens hy is reeds as eksekuteur van ons boedel in ons gesamentlike testament benoem, waarmee hy my ook gehelp het, aangewys. Daar is nie 'n finansiële omstandigheid, waar ek nie eers sy advies inwin voor ek besluite neem nie.

Toe hy later as lid van Octofin, saam met van ons land se puikste finansiers en adviseurs van Sanlam begin het, was ek nie verbaas dat hy deur hierdie ervare topbestuursgroep aanvanklik met die hand uitgesoek was om saam met hulle die wonderlike Mpy te bestuur nie, want spoedig, was hy steeds as jongman, na 'n baie kort tydjie as bestuurder van Octofin in die Oos Kaap aangestel., en vandag sekerlik saam met die topmanne in die hoogste bestuur van Octofin.

Om enkele voorbeelde te noem. Hy doen sedert daardie vroeë jare steeds my belasting, en net vandag het hy my telefonies laat weet dat hy met my belasting besig is, en aanbeveel dat ek 'n bepaalde bedrag as voorlopige belasting moet betaal, om die beste uiteindelike aanslag te kan beding. Ek is nie meer in staat om self so vinnig sonder kommer te reageer nie, maar omdat ek hom vertrou , het ek gevra of ek nie maar die geld vir hom per internetbank kan stuur om vir my te betaal nie. Hy het dadelik gesê dat hy vir my sal reël om die bedrag deur die "E-File-stelsel",(waarvan ek as ouman niks verstaan nie) direk van my bankrekening te laat aftrek, wat my al die groot moeite gespaar het om dit weer soos verlede jaar self te probeer doen, en uiteindelik op 'n verkeerde rekening beland het. Ons het pas klaar gepraat, (hy van Joubertina en ek van die Strand af), seker nie 5 minute later nie, kry ek 'n e-pos van dieOntvanger dat die betaling vir my by hulle geregistreer is, en dat dit op die bepaalde datum vir my afgetrek sal word.

Toe ek en my vrou as oumense ongeveer 'n jaar gelede per motor vanaf Pretoria op pad terug huistoe tussen Drie Susters en Beaufort-Wes in die donker per ongeluk oor 'n groot spaarwiel wat van 'n vragmotor in die middel van die pad afgeval het ry, het ons in die donker gestrand gesit. Ek het hom dadelik, as my kort termyn versekeraar by Octofin direk per selfoon geskakel. Hy het my nie gesê dat hy self ver weg van die huis af op pad was nie, maar gesê dat hy dadelik werk sal maak Hy het een van sy personeellede geskakel en sy, Leanie Murray, het uit die bed uitgeklim, en in die nag na hulle Octofin kantore gegaan, oopgesluit en vandaar dadelik die regte persone gekontak. Ek het binne seker nie meer as 'n kwart uur later, 'n direkte oproep van Leanie uit hulle kantoor op Joubertina ontvang, en sy het my verseker dat sy reëlings getref het om ons voertuig dadelik te laat insleep. Trouens, sy het in die kantoor in haar nagklere gebly en die hele proses gemonitor, totdat sy van ons gehoor het dat ons veilig op Beaufort-Wes , en by die plek wat ons motor kon herstel, aangekom het.

Dit is die kwaliteit personeel waarin Octofin spesialiseer. Hulle is nie net puik geregistreerde makelaars nie, maar word hulle kliënte se goeie vriende. Vir ons familie het Octofin se ongeëwenaarde dienste en optrede van hulle puik agente van die eerste dag van hulle ontstaan af, soos deel van ons eie gesin geword. Ek ag myself bevoorreg om hulle onvoorwaardelik vir puik dienste in kort- en langtermyn versekering, testamente, ander veilige beleggings by behoorlik versigtig gekeurde instansies, en alle dienste wat hulle mag aanbied, soos hantering van belastingkopsere vir oumense soos ons,.aan te beveel. Hulle is seker soos almal van ons, nie volmaak nie, maar hulle is waarlik kwaliteit mense met gekeurde en goed opgeleide personeel wat ek persoonlik onvoorwaardelik vertrou en aanbeveel.

As iemand my oor hulle my wil kontak, is u welkom by e-pos : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. of tel. 021 853 6746..

Die uwe,

Octofin kliënt vanaf die eerste dag van hulle besigheid,

Ds. J.J. Swart

Nick Scholtz, 4 January 2013

Op die 23 Februarie 2011, terwyl ek op ‘n werksvakansie in Kanada was, is ek gediagnoseer met End Stage Acute Myeloid Leukaemia. ‘n Skok golf is deur my familie. Met geen direkte kanker geskiedenis, het dit letterlik uit die bloute gekom. Ek was 20 jaar oud en oor die algemeen gesond.

In Kanada het ek my eerste induksie chemo ontvang en na spesiale behandeling kon die dokters my stabiliseer sodat ek einde Maart kon terug vlieg Suid-Afrika toe om die res van die behandeling hier te ontvang. Dit alleen is ‘n wonderwerk, want die dokter in Kanada het een aand vir my nefie wat by my was gevra om bietjie langer te bly, want hulle het nie gedink ek gaan dit deur die nag maak nie. Ek was in Critical ICU.

Terug in Suid-Afrika het ek ‘n beenmurg biopsie gehad wat gewys het dat ek nie meer in remissie is nie en so spoedig as moontlik met die res van die behandeling moes begin. Ek het in totaal 10 induksie-en 14 konsolidasie chemos ontvang in ‘n tydperk van 3 maande. Gedurende hierdie tyd was ek meestal in isolasie in die hospitaal omdat my immuun sisteem te laag was. Dit voel soos ‘n ewigheid in ‘n klein kamertjie met masjiene wat bliep en familie besoekers wat spesiale klere moes aantrek om by my te mag ingaan. Voor my familie by my kamer kon inkom moes hulle deur twee deure gaan en twee keer hulle hande steriliseer. Selfs jou skoene het sokkies oor gekry om kieme uit die kamer te hou. Onder geen omstandighede mag jy met jou eie klere ingaan nie.

Dit was die wonderlikste gevoel as die dokter vir my sê ek kan vir ‘n paar daggies huis toe gaan voor die volgende rondte chemo begin. Dan waardeer mens eers werklik die varslug buite. Die klein dingetjies wat ons so vanselfsprekend aanvaar.

Die Here het my ryklik geseën deur vir my ‘n stamsel skenker te gee wat my suster was. In Julie 2011 het ek ‘n stamsel oorplanting gekry, want dit is die beste manier om van die kanker veraltyd ontslae te raak. Voor die oorplanting kry jy baie aggresiewe chemo en slegs 10% van jou beenmurg word aan die lewe gehou (en dis tog waar als gebeur) sodat daar nie verwerping van die nuwe selle kan plaasvind nie. Voor die oorplanting word mens baie baie siek, maar na die oorplanting is dit nog erger. Soos die dokters gesê het, dit gaan eers baie sleg voor dit baie goed gaan. Ek was vir lank in recovery op morfien verdowing en met buisvoeding. Die oorplanting was ‘n sukses in die sin dat die nuwe selle positief gegroei het, maar kanker het weer gedreig en ek moes nog 3 limfosiet oortappings kry na die oorplanting. Met die laaste oortapping het ek hard gebid en gevra vir ‘n draaipunt, want my liggaam was moeg baklei. ‘n Paar weke later in januarie 2012, het die dokter laat weet my beenmurg is skoon - geen teken van kanker nie. My en my familie se gebede is verhoor en van daar af het als net begin positief draai.

Ek is 22 jaar oud, my hele lewe nog voor my. In die begin vra mens “hoekom ek?” maar soos die tyd aanstap besef jy die Here het ‘n baie spesiale plan met jou lewe. In die tye wat moed opgee amper aanloklik lyk kry mens nuwe krag van Bo en menigte male staan mens verbaas oor hoe sterk jy werklik is as die Hemelse Vader jou Redder is. Ek het oneindig baie geleer uit hierdie ervaring en ek sien uit na die pad wat voor my lê. ‘You don’t know how strong you are, until being strong is the only choice you have’.

Ek sal graag net vir Octofin en spesiaal vir Natasha en Anton wil bedank vir die ongelooflike ondersteuning deur hierdie hele proses. Julle het regtig vir my en my familie vreeslik baie beteken in ‘n tyd wat ons dit die meeste nodig gehad het.